Kors (geologie)

'n Deursnit van die Aarde: Die aardkors (1 kontinentale kors en 2 oseaniese kors) vorm die dun boonste lagie. 3 en 4 is die mantel en 5 en 6 die kern.

'n Kors in geologie is die buitenste, soliede laag van 'n aardplaneet, dwergplaneet of natuurlike satelliet. Dit word gewoonlik onderskei van die mantel daaronder deur die chemiese samestelling; in die geval van yssatelliete kan dit onderskei word op grond van sy fase (soliede kors teenoor vloeibare mantel).

Die kors van die Aarde, Mercurius, Venus, Mars, Io, die Maan en ander planetêre liggame het gevorm deur vulkaniese prosesse en is later verander deur erosie, slagkraters en sedimentasie.

Die meeste aardplanete het 'n redelik eenvormige kors. Die Aarde het egter twee soorte: 'n kontinenetale en 'n oseaniese kors. Dié twee soorte het verskillende chemiese samestellings en is deur verskillende geologiese prosesse gevorm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search